PINARD, Jacques

Male 1665 - 1712  (47 years)


Personal Information    |    Notes    |    Sources    |    All    |    PDF

  • Name PINARD, Jacques  [1
    Born 1665  La Buece, Chartrain, France Find all individuals with events at this location 
    Gender Male 
    Died 1712  South Africa Find all individuals with events at this location 
    Person ID I894  My Genealogy
    Last Modified 5 Apr 2007 

    Family 1 FOUCHE, Ester,   b. Abt 1666, Delft, Holland Find all individuals with events at this location,   d. 1697, South Africa Find all individuals with events at this location  (Age ~ 31 years) 
    Married 10 Dec 1687  Waalsekerk, Delft Find all individuals with events at this location  [1
    Children 
     1. PIENAAR, Pierre,   b. Abt 1690, South Africa Find all individuals with events at this location
     2. PIENAAR, Jacques,   b. Abt 1692, South Africa Find all individuals with events at this location,   d. 1750, Cape, South Africa Find all individuals with events at this location  (Age ~ 58 years)
    Last Modified 17 Oct 2017 
    Family ID F420  Group Sheet  |  Family Chart

    Family 2 LE FEBRE, Martha,   b. Abt 1684, South Africa Find all individuals with events at this location,   d. Aft 1717, South Africa Find all individuals with events at this location  (Age ~ 34 years) 
    Married 1698  South Africa Find all individuals with events at this location 
    Children 
     1. PIENAAR, Martha,   b. 23 Aug 1699, South Africa Find all individuals with events at this location,   d. Bef 1710  (Age < 10 years)
     2. PIENAAR, Marie-Madeleine,   b. 1701, South Africa Find all individuals with events at this location
     3. PIENAAR, Abel,   b. 1703, South Africa Find all individuals with events at this location
     4. PIENAAR, Ester,   b. Abt 1706, Cape, South Africa Find all individuals with events at this location,   d. 1724, Cape, South Africa Find all individuals with events at this location  (Age ~ 18 years)
     5. PIENAAR, Jan,   b. 1708, South Africa Find all individuals with events at this location
     6. PIENAAR, Salomon,   b. 1710, South Africa Find all individuals with events at this location
    Last Modified 17 Oct 2017 
    Family ID F365  Group Sheet  |  Family Chart

  • Notes 
    • Inventaris MOOC 8/3.2 van 30 Sep 1714
      Besit 3 plase - verkoop op publicque venditie

      DeV&P (Genealogy): * 1665, afkomstig van La Beauce of Pays Chartrain, in Frankryk, gesterf: voor 1714, timmerman. As Franse vlugteling in 1688 op die "Voorschoten" uitgekom. getroud: Delft (Franse Kerk St. Aechten) 10 Dec 1687 Hester Fouché, gebore: 1667, gesterf: 1697; hertroud: Martha le Fèbre.
      SAG.8 p.6, Familia 1, 1 en 2 1964-65

      Stamouers: Jacques PINARD, gebore 1665 was 'n Franse Hugenoot van Dreux en heelmoontlik 'n lidmaat van La Fontiane-sous-Prémont. In 1688 het Pienaar as timmerman na SA gekom, op die skip Voorschooten, saam met sy vrou Esther FOUCHE met wie hy op 10 Desember 1687 in die Waalsekerk in Delft getrou het. Sy was toe 21 jaar oud. Hy was gevestig op Lustigaan (1692), Klein Drakenstein. Hulle het twee kinders gehad voordat sy oorlede is in 1697. Hy is oorlede omstreeks 1713. Hy trou met sy tweede vrou Martha le FEBRE, dogter van Pierre le Fèbre, en Marie de Gravé. Sy was die eerste kind van Hugenote-ouers wat aan die Kaap gebore is. Martha was maar 14 jaar oud, toe hulle getrou het in 1698 en hulle het nog 6 kinders gehad:
      1. Pierre (Pieter) ~ 14 Mei 1690 x Johanna Terrier, weduwee van Cordier
      2. Jacques * 1692 x 21 Januarie 1714 Louise Cordier weduwee van Daniel Jacobs
      3. Martha ~ 23 Augustus 1699, jonk oorlede
      4. Marie-Madeleine 1701 x Antoine NORTJé
      5. Abel 1703 x 11 Julie 1734 Anna SCHEEPERS
      6. Esther gedoop 30 Oktober 1706 x Jacobus VAN DER MERWE
      7. Jean (Jan) 1708 x 27 Maart 1740 Catharina BOTHA
      8. Salomon 1710 x 1 September 1743 Sara OOSTHUIZEN
      Aan die Kaap het hy die plaas Lustig Aan, langs Philippe Foucher se Wildenpaardenjacht, naby die Paarl, aangelê. Dié plaas word op 27 Augustus 1694 aan hom oorgedra. Die plaas Lustig Aan is in 1725 aan Louis le Riche verkoop. Hy het ook die plaas Hartebeeskraal in Klein Drakenstein gekry op 21 April 1711, die plaas het voorheen aan Matthys Michiel behoort.
      Jacques Pinard is in 1712 oorlede en sy weduwee trou op 3 Desember 1713 met Estienne Terreblanque, 'n vlugteling wat etlike jare na die hoofgroep na die Kaap gekom het.
      Verwysings:
      De Villiers/Pama
      Heese/Lombard
      JG le Roux en WG le Roux Klein Drakenstein: Ons Drakensteinse Erfgrond
      Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
      Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek
      J. G. le Roux, Hugenotebloed in ons Are
      CJ Pienaar "Die Franse Herkoms van Jacques Pinard" Familia XXVIII 1991 no 4
      GC de Wet Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting

      Pottas: Jacques PINARD was born in 1665. He died before Dec 1713. Volgens die monsterrol van Dragonders is ook die volgende Hugenote in 1713 oorlede: Francois du Preez, Jacob Pinard, Jean Cordier, Abraham de Villiers de jonge, Jean Roux de Blois, Anthonie Bastiaansz, Jan de Villiers en Daniel Jacob. Volgens die monsterrol van Dragonders is ook die volgende Hugenote in 1713 oorlede: Francois du Preez, Jacob Pinard, Jean Cordier, Abraham de Villiers de jonge, Jean Roux de Blois, Anthonie Bastiaansz, Jan de Villiers en Daniel Jacob. Jacques Pinard, gebore 1665, was 'n Franse Hugenoot van Dreux, Frankryk en heel moontlik 'n lidmaat van La Fontiane-sous-Prémont.

      Rotterdam, die grootste hawe in Nederland, is ook bekend as een van die besigste hawens ter wêreld, maar in 'n stil hoekie van hierdie hawe is 'n deel bekend as Delftshaven, waar die herinnerings van gister nog sterk teenwoordig is. Besoekers word vertel dat dit van hier is waar die Pelgrimvaders op 1 Augustus 1620 hulle reis na die Nuwe wêreld begin het. Dit is byna onbekend dat die Nederlandse skip, De Voorschoten, op 31 Desember 1687, vanaf hierdie hawe ook met die eerste groep van 22 Hugenote na de Kaap de Goede Hoop aan die verre suidpunt van Afrika, vertrek het. Onder hulle was die families van Charles Marais en Philippe Fouche, asook Jacques Pinard en sy bruid Ester Fouche, sowel as 'n aantal ongetroude jong mans. Hoewel Delftshaven vir honderde jare die besige hawe van Delft was, is hierdie belangrike historiese plek vandag slegs 'n toeriste aantreklikheid.

      In 1688 het Pienaar as timmerman na SA gekom op die skip Voorschooten, saam met sy vrou Esther Fouche met wie hy op 10 Desember 1687 in die Waalsekerk in Delft getrou het. Sy was toe 21 jaar oud. Hulle het twee kinders gehad voordat sy oorlede is in 1697.

      Hy en sy vrou ontvang ook hulp van die Kompanjie in 1689 tot 1690 om hulself gevestig te kry. Hy was gevestig op Lustig Aan (1692), Klein Drakenstein. Hy ontvang oordrag daarvan op 8 November 1710.

      Hy trou met sy tweede vrou, Martha le Febre, dogter van Pierre le Fèbre en Marie de Gravé. Sy was die eerste kind van Hugenote-ouers wat aan die Kaap gebore is. Martha was maar 14 jaar oud toe hulle getrou het in 1698 en hulle het nog 6 kinders gehad.

      Jacques is een van die Hugenote wat die klagskrif teen WA van der Stel onderteken het ten tyde van die Adam Tas rebellie van 1706.

      Aan die Kaap het hy die plaas Lustig Aan, langs Philippe Foucher se Wildenpaardenjacht, naby die Paarl, aangelê. Dié plaas word op 27 Augustus 1694 aan hom oorgedra. Die plaas Lustig Aan is in 1725 aan Louis le Riche verkoop. Hy het ook die plaas Hartebeeskraal (voorheen Geelblomsvlei en ingelyf by Hartebeeskraal) in Klein Drakenstein gekry op 21 April 1711, die plaas het voorheen aan Matthys Michiel behoort.

      Jacques Pinard is laat in 1712 of vroeg in 1713 oorlede en sy weduwee trou op 3 Desember 1713 met Estienne Terreblanque, 'n vlugteling wat etlike jare na die hoofgroep na die Kaap gekom het. He was married to Martha LE FEBRE in 1698.

  • Sources 
    1. [S47] CJ Pienaar.


Home Page |  What's New |  Most Wanted |  Surnames |  Photos |  Histories |  Documents |  Cemeteries |  Places |  Dates |  Reports |  Sources